Betygsätt podden
Bli först med att betygsätta
Om podden
- Avsnitt
- 34 avsnitt
- Senaste avsnittet
- 5 maj 2026
True Crime South Africa
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe
Shaun Oosthuizen se meester misdaadplan teen bejaarde vroue
5 maj 2026 · 34 minOuetehuise en aftree oorde in Gauteng en Mpumalanga was tussen 2015 en 2018 die teikens van gru moorde. Bejaarde vroue wat alleen gebly het, is aangeval, verwurg en beroof in ’n reeks misdade wat begin het met die geldgierigheid van Shaun Oosthuizen. Die kat-en-muis speletjie wat hy en sy mede-pligtiges met die polisie gespeel het, het gelei tot ’n reuse soektog oor provinsiale grense om die aanvalle te stop voor nog ’n vrou haar deur vir die onheil oopmaak.
Kort om podden
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land. Die stories se tentakels strek van die Wes-Kaap tot by die noordelikste punt van Suid-Afrika se Limpopo provinsie. Misdaad ken egter geen grense nie, en dié potgooi volg Suid-Afrikaanse misdaad verhale ook in ander dele van die wêreld. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Sy is ook die skepper van die gewilde I Lived Through This potgooi-reeks. Nicole is die skrywer van vier ware misdaad boeke, insluitende die jongte Bare Bones: Cold Cases from True Crime South Africa (gepubliseer in Afrikaans as Klipkoud). Nicole werk ook met TV produksie maatskappye saam om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: * Top 10 Potgooi reekse vir 2025 op Spotify South Africa * Brons toekenning by die 2025 Bookmark Awards * Top 5 Episodes op Spotify in 2024 * Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African * Podcasters Guild Toekennings * Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards * Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards * Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022 Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!
Alla avsnitt
1–20 av 34- Shaun Oosthuizen se meester misdaadplan teen bejaarde vroue5 maj 202634 min
- Die Springs haarkapper wat jong meisies na verderf gelok het28 apr. 202627 min
- André Klynsmith se aftreeplanne eindig in sy tragiese moord21 apr. 202637 min
- Die berugte Station Strangler reeks moordenaar14 apr. 202652 min
- Die Ponzi-slenter van Craig Warriner7 apr. 202636 min
- Die Moord op Ria Womarans in Botswana24 mars 202657 min
- Die moord op Taliep Petersen17 mars 202647 min
- Die Kroonstad Spoor Ramp29 apr. 202528 min
- Die reeks moordenaar, Sipho Thwala22 apr. 202533 min
- Die moord op Gabriela Kabrins Alban15 apr. 202542 min
- Die moord op Isaac Miggels8 apr. 202525 min
- Die Modimolle Monster1 apr. 20251 h 5 min
- Die moord op Lucky Dube25 mars 202536 min
- Die moord op Jayde Panayiotou18 mars 20251 h 11 min
- Die Stander Bende, vertel met Joe Black11 mars 202532 min
- Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode5 mars 20251 min
- Vrou, Ma, Reeksmoordenaar – Daisy de Melker13 aug. 202425 min
- Die dwelm duiwel op die skip se dek6 aug. 202435 min